Tuesday, September 21, 2010

Van Provence na Ardeche en Auvergne…

Antoinette sê
Die dae vlieg verby…soos Marita vroeer vertel, ons is al oor die helfte. Ons is op skedule, maar ek wens ons het meer tyd gehad om hierdie ongelooflike land rustiger te verken. Tussen al die werk, reis en kook voel ons partykeer soos toeriste wat 30 lande in 10 dae doen!

Saterdag, na ons kooksessie met Theo en Christine, en om by Theo se rooivleis tema te pas, besoek ons ‘n stiergeveg in die 2000 jaar oue Amfiteater op Nimes. Wat ‘n ondervinding. Dit is ons almal se eerste keer. Die arena is asemrowend mooi en ons verkyk onsself. Jacques skiet ‘n hele ‘movie’ net daar en dan. Die stiervegters is uitgevat in die mooiste geborduurde kostuums wat hulle maer seningrige lywe soos handskoene pas, veral oor die gespierde agterstewes! En ons verkyk onsself verder.

Dankie Theo en Christine vir die lekker kuier en kook. Theo, jy was reg, die stiergeveg was oor en oor die moeite werd!!

Later die middag oppad na ons volgende gaskokke, Jaap en Annemarie op Vals les Bains in die Ardeche streek, stop ons by Pont-du-Gard. Die waterweg of ‘aqueduct’ is 2000 jaar gelede deur die Romeine gebou om water aan Nimes te besorg en die besbewaarde waterweg in die wêreld. Die brug is 275 meter lank, 48 meter hoog – die hoogste in die Romeinse Ryk – met drie verdieping arkades. Asemrowend!

Sondag kook ons heerlik by Jaap en Annemarie na ‘n besoek aan Vals les Bains se Sondagmark. Die mark spesialiseer in vars produkte uit die Ardeche streek soos Franse worse en salamies, en heerlike bokmelk- en ander geurige kase.

Volgende stop, Pierre Knoesen en Johan Bernard se gastehuis op Arlanc in die Auverge streek. Elke nuwe streek, dorp en gaskok voel soos om ‘n ‘lucky packet’ oop te maak! Jy weet nie wat wag nie, maar jy weet dit gaan iets lekkers wees!!

 Marita saam met Christine, Willem
& Mathilde Meyer

Oppad na die stiergeveg.

Theo vertel meer...

Die Feria is groot op Nimes.

Die 2000 jaar oue Amfiteater!
Straatkafees langs die Amfiteater.
Sexy kostuums
Pomp & seremonie.



Die MaritaKook span voor die Amfiteater.
Die oudste bakkery in Nimes.

Ons skiet...Pont du Gard

Ons het 'n baie lekker werk!
Olyfolie op Vals mark.
Bakke vol olywe



Ardeche spesialiteite
Proe bietjie hier!

Die beste patee in Ardeche!

Lekker worsies!



Heerlike salamies.
Jaap & Annemarie in Vals les Bains
Bon Apetit!
Marike doen haar ding!!

No comments:

Post a Comment