Tuesday, September 21, 2010

Die skoenlapper effek

Marike sê
Ons het vandag die skoenlapper-effek ervaar. (‘n Skoenlapper wat haar vlerkies in die Amasone wapper, kan ‘n orkaan ontketen in China!?!)

Ons koop kaas op ‘n mark op Vals les Bains. Die kaasmaker gesels opgewek oor sy groot verskeidenheid bokmelk kase.  ‘Dit sal vreeslik lekker wees om te sien hoe die bokke gemelk word en die kaas gemaak word,’ dink ek hard-op. ‘Akkoord’ laat weet die boer deur ons tolk, ons kan gerus moreoggend by sy plaas aankom om sy boerdery te verfilm.

Die volgende oggend is ons eerste af-dag in 11 dae. Ons sien almal uit na laat-slaap, maar besluit nogtans om ‘n vinnige draai daar te maak op pad na ons volgende bestemming. Sy plaas is so 20minute uit die dorp.

Ons ontmoet ons tolk en gids stiptelik 7h30. Ons begin ry, en ry en ry en ry. Op en af deur die massiewe Cevennes-bergreeks. Klowe op en dale af. Deur natuurlike woude en aangeplante kastaingplantasies. Oor riviere en deur die ruwe oerlandskap van  die Aldechstreek . Hier en daar is ‘n boer se huisie van kalksteen, bot-toe. Van bokke is daar geen aanduiding nie. Ons gids moet ons later verlaat – reeds laat vir ‘n ander afspraak. Ons kan nie nou omdraai nie. Ons volgende bestemming, Arlanc  lyk of ons eerder moet voorentoe as om nou om te draai. Ons beur voort. Die uisigte is onbeskryflik mooi. By ‘n uitkykpunt sien ons tot amper in die Switserse Alpe. Ons ry aan en aan en aan. Die pad is nou en gevaarlik. Jacques bestuur behendig. Kort-kort stop hy om die vista te verfilm – dit is onweerstaanbaar mooi. Ons vra pad by ‘n Franse boer wat houtskaafsels langs die pad staan en verbrand. ‘Dis ‘n moeilike pad wat voorlê’ beduie hy, ‘en dis nou amper 12uur. Wat gaan ons op pad eet?’ Ons wonder ook en durf die small kronkelpad weer aan.  Sewe ure later sien ons die hoofpad na Arlanc.

Om te dink dit is alles ontkeken deur ‘n ontskuldige navraag na bokmelkkaas.

Johan Bernard en Pierre Knoesen verwelkom ons met ope arms by hulle gatehuis in Arlac. Ons is gereed vir program 8.

Marita vra aanwysings op
lang pad na Arlanc
Kastaingplantasies.


Kastaings
Pragtige kerkie by St Andre Lachamp

Bo-op die wêreld!


No comments:

Post a Comment