Wednesday, September 8, 2010

Stofpaaie na Parys

Marike sê
Betonkajuit
Pas geland in Parys. CHARLES DE GAULLE is ‘n skouspelagtige lughawe. Die wye gange wat passasiers in transito lei van die een saal na die ander, lyk soos die binnekant van ‘n vliegtuigkajuit in beton. Rye en rye ewe groot vierkantige vensters in ‘n reusagtige buik.

Charles de Gaulle lughawe
By paspoortkontrole kry ‘n man in ‘n netjiese snyerspak teëspoed. Hy was net voor ons in die ry. Hy stel sy saak vlot in Frans en sit ‘n groot pak papiere voor die paspoortkontrole-amptenaar neer.  Die amptenaar sien die landswapen van Kameroen raak en loer onderlangs vir sy kollega langs hom. Die res van die gesprek volg ek nie, maar die dokumente stel die amptenaar nie tevrede nie en hy wys die man die deur, terug van waar ons gekom het. Toe hy verslae by ons verby druk sien ek sy skoene. Dit is wyd getrap en het ‘n dik laag rooi stof op.

Ons kom aan die beurt. Antoinette sit die paspoorte voor die amptenaar neer. Hy gee een kyk en gee dit die Franse stempel.
Ons man David in Parys.

Marike in transito
Volgende stop - Marseille.

Marseille lughawe

No comments:

Post a Comment