Wednesday, September 15, 2010

Laataand!

Lynnboerin sê
Na onse hopelooslik te korte kleine vakansietjie (miskien meer van pas is kortstondig - 'n wonderlike afrikaanse woord), is ons al vir 'n paar hoppende dae terug in die tuig en begin die bewerasies insit. Veral na een van die ander gaskokke vir my gesê het dat sy haar HELE KOMBUIS oorgedoen het. En ek sien oral die grootste spinnerakke en stof en alles en wonder hoe ek dit alles onder beheer gaan kry voor die A team van kykNET met Magic Marita hier gaan aanklop oor net 'n titsel meer as 'n week.

Soveel so was die bewerasies dat ek sommer vir my 'n mega whisky gaan gooi het en die wonderlike sonsondergang betrag het en gedink het, 'what must be will be'! En hopelik wanneer hulle hier is, is daar weer so 'n ongelooflike sonsondergang en dat niemand die spinnerakke sal oplet nie (veral nie die kamera nie) en dat ek nie iets sal brand of laat val of vingers afkap of watookal nie.

Die lekkerste van dit alles is om hierdie wonderlike streek van ons met julle almal te deel. Soos ek altyd in my blog sê: Life is about sharing, en ek gaan nou definitief nie slaaplose nagte hê hieroor nie, want dit is om 'n deeltjie van my lewe met julle te deel!

Bonne nuit!
Lala gashle
Lekker slaap en tot gou hier in onse 'Boerbonnais'


No comments:

Post a Comment