Sunday, September 5, 2010

Nog net twee slapies….

Antoinette sê
Na al die naels kou het Davie se afspraak by die Franse ambassade verlede week heel goed verloop. Hy het hom in lewende lywe aangemeld, sy hompe papiere ingehandig en teen Dinsdag – D-Day – behoort hy sy visum te kry!!

Behalwe vir die visum drama, het die res van die week goed verloop en stadig maar seker ‘tick’ ek alles van my ‘to do’ lysie af en is elke dag meer opgewonde oor ons trippie. Alles is mos onder beheer….

Dis toe dat ek Marita se blog lees!! Die geringste afwyking van ‘n perfekte dag is enige TV-span se nagmerriê! Reen, blitse, wolke, wind, alles maak dit moeilik om te skiet. Dis of nat, gevaarlik, gooi skaduwees waar dit nie moet nie, maar die ergste hiervan is wind! Wind maak geraas, enige wind selfs die ligste van windjies hier in die bos om die hitte so ‘n bietjie te verlig, maak ‘n geraas op 'n mikrofoon!! Ek wil nie eers dink aan wat die mistral kan doen nie!! As ek die woord hoor dink ek aan die openings tonele van die fliek “Chocolat” waar die lieflike Juliette Binoche se karakter in ‘n klein Franse dorpie, letterlik deur die wind ingewaai word. ‘n Riller….ek gaan nie eers vir Jacques hiervan sê nie!! Ek hoop maar net die windstilte hou….


Nog net twee slapies……

No comments:

Post a Comment