Thursday, September 9, 2010

Tamatieterte en Tiramisu

Antoinette sê
Die "span" in aksie...
Vanoggend vroeg val ons in die pad Tulette toe. Ons ontmoet Marita, haar seun Daniel en sy meisie Noemie saam met wie ons vandag gaan kook. Ons besoek die oulikste deli waar hulle bestandele koop vir die Apero wat ons later gaan maak en daarna koop Noemie brood by die bakery. Die hele straat ruik na varsgebakte brood – hemels!! Terwyl ons skiet kom koop die hele dorp brood. Almal is vriendelik en is gretig om te help.
Jacques in aksie...

Marita & Daniel aan die Kook!
Terug by die huis in St Gervais is dit bontstaan om alles gereed te kry vir ons eerste kooksessie en kort voor lank is ons aan die kook. Marita is ‘n ‘natural’. Sy en Daniel maak die lekkerste tamatietert en Noemie die tiramisu. Ons gaan so lekker eet later vanaand!
David in aksie...

No comments:

Post a Comment