Monday, September 13, 2010

Ons monde hang oop!!

Antoinette sê
Ons het gister heerlik gekook by Jean & Leona Bodart. Baie, baie dankie vir al julle moeite en gasvryheid.

So arriveer ons gisteraand laat by David en Stephanie Malan waar ons vir die volgende drie nagte oorbly. Hulle bly reg in die hartjie van Cannes. Die span is moeg en warm na ‘n 18-uur dag en almal verdwyn vinnig kamers toe vir ‘n goeie nagrus.


Cannes op haar beste!

David & Stephanie Malan - ons
'glam' gaskokke in Cannes










Vanoggend is almal goed uitgerus en ons vaar die strate van Cannes in saam met David wat ons die beste van die stad wil wys. Ons is skaars buite in die straat of die poppe begin dans!!

Die MaritaKook span in Cannes.
Die Suid-Afrikaanse vlag by die
luukse-bootskou op Cannes.
Jacques in sy element.


Jacques kan weer nie ophou skiet nie en ignoreer my en Marike se pleidooie dat die dag kort is en ons baie het om te doen! Onse Dawie se kop swaai soos op ‘n tenniswedstryd in Wimbledon….hy kan sy geluk nie glo nie…dit is net mooi meisies met kort rokkies en stywe broekies en laaaaaaang blink plat motors met name wat jy net in films sien om elke hoek en draai. Hy is verlore vir die res van die dag. Ek en Marike se monde hang letterlik oop – die klere-, grimeer- en koswinkels is iets ongeloofliks. Pas uit die Afrika-bos lyk ons soos regte toeriste en gaap almal aan. Selfs Marita wat hier bly kyk twee keer na van die winkels en mense! Cannes is totaal verskillend van die Frankryk wat ons tot nou toe beleef en gesien het!!
Roomysbakkies - Cannes style!!


Self die plakkate is onweerstaanbaar.
‘n Hele winkel waar alles
van sjokolade gemaak is!

'n Vrolike blomme-winkel.

Van Boucheron...





tot Bulgari...


en alles tussenin!

Uiteindelik kom ons aan die werk. Almal stop en staar ons die keer aan en wil weet of ons ‘n ‘movie’ maak. Ek verduidelik en skielik is ons die middelpunt van belangstelling.

Marita voor Pres Georges Pompidou se beeld.

Clint Eastwood op Cannes
se 'Walk of Fame'



No comments:

Post a Comment