Monday, September 6, 2010

Hou duim vas vir Dawie....

Marike sê
My pa verwys altyd laggend na al die ‘bywoners’ se name wat verbyflits na afloop van ‘n rolprent of televisieprogram. Ek weet hy sê dit net want hy wil he dit moet stadiger sodat hy my naam nie mis nie!

Ek hou daarvan as daar verwys word na al die name in die eindkrediete, want dit beklemtoon hoeveel mense nodig is om een televisieprogram te vervaardig. Kykers ervaar die storie deur die oë van die aanbieder, maar dit verg harde werk van ‘n groot televisiespan om dit op die kassie te kry. Elke bydrae amper ewe belangrik.

Neem die gedoente met David se paspoort byvoorbeeld. David is ons tweede kamera- en klankman. More vertrek ons en ons het nog nie sy visum nie. Nie omdat ons iets verkeerd gedoen het nie – inteendeel.

As Davie more nie op die vliegtuig kan klim nie, is maande se harde werk wat agter ons lê en maande se harde werk wat voor ons le – erg gekompromeer. Ons sal sekere dele van die programreeks nie kan verfilm nie, sekere dele van Frankryk sal ons nie besoek nie, ons gaan baie meer moet betaal vir oorgewig, daar is niemand om foto’s van die kos te neem vir die webblad nie, en die lys gaan aan….

‘n Enkele skakel in ‘n lang ketting van harde werk/ers kan die hele proses van stryk bring. Hopelik kry ons sy paspoort later vandag….

No comments:

Post a Comment