Tuesday, September 21, 2010

Babbelbek se bewerasies

Lynnboerin sê

Ek voel nou al bietjie skaam. Sien ek is die enigste een van die gaskokke wat babbel asof my lewe daarvan afhang. Miskien maar net bietjie bewerasies want môre is D-DAY! Dan ontmoet ek die Magic Marita en die kykNet spannetjie in onse mooie naaste groot dorp Vichy.

Nou ja what must be will be! Sover speel die weer saam en het ons 'n ronde 25 grade vanmiddag en môre voorspel hulle nog meer. Intussen het ek nou al van so paar spinnerakke ontslae geraak, en omdat dit ook die tyd is waar ons al die laat vrugte en groente ens kry, maak ek verbete bietjie chutney en 'compote' en konfyt en moes nog tot vanoggend na gaste ook omgesien het.

Het gehoop om by 'n kapper uit te kom – dit is verby aangesien ek nog wil gaan gras sny ook behalwe as ek my Froggie man kan oorreed om dit te doen – gewoonlik my taak!

En sover het Ratatouille die III nog nie weer sy verskyning gemaak nie – gaan seker so 'n regte diva voor die kamera verskyn! Seker hy is by die kapper en massager en naels en alles!

Wel, boerin is ek gebore en boerin sal ek vergaan so julle moet maar vat wat julle kry!

Froggie hugs

 


No comments:

Post a Comment