Sunday, September 5, 2010

Leona Bodart uit Cannes

Leona sê
Jean en ek is baie opgewonde om die kykNET-span by ons hier in die heuwels  tussen Cannes en St Tropez te verwelkom.  Ons het so 3 jaar gelede in ons “shack with a view” ingetrek, en na baie ure en maande se  bloed, sweet en trane, kan ons dit nou ‘n tuiste noem.  In antisipasie van die kykNET-span wil ons graag ons hout dek klaar maak.  So hierdie week het ek verwoes gepleister en geverf (so nooit kon dink ek sal eendag self kan pleister nie), en vandag maak manlief die houtwerk klaar.  My bouer voorvarders sal so trots wees op my prestasies.


Alhoewel manlief 34 jaar in Suid-Afrika gewoon het, is hy eintlik frans.  Toe ons mekaar ontmoet het, het hy besluit om uit te vind wat dit beteken om frans te wees. “Et voilà”, hier sit ons nou die afgelope 5 jaar  in die suide van Frankryk.  


Ons het vinnig uitgevind wat dit beteken om Frankryk ons tuiste te noem:  ‘n Hele klomp kilo’s, en maak nie saak hoe hard ons probeer nie, daar is altyd ‘n rede om die diëet uit te stel…… Of dit nou ons jaarlikse seekos fiesta is om die somer in te lyf, die French Riviera potjiekos kompetisie, raclette in die winter of seekos en braais in die somer, en net toe ons dink die seisoen is verby en ons kan diëet is dit tyd vir MaritaKook.  Gelukkig kry ek nou en dan bietjie oefening deur wilde varke uit die tuin te jaag en om ons nuutste familie-lid, Tsotsi, ons perjampse yorkie, vir sy « walkies » te vat. Ons is deesdae ‘n goed aangepaste Franse paartjie, wat vir Tsotsi saamvat na al die restaurante toe en op Sondag oggende croissants eet en koffie drink in die naaste brasserie.

  

Sien julle binnekort
Groete
Jean en Leona

1 comment:

  1. En nou is julle 'famous' - geniet dit en hou aan om foto's te post! Ek wens ek was 'n vlieg teen die muur!!

    ReplyDelete