Wednesday, September 8, 2010

So begin ons Franse Avontuur!

Antoinette sê
Op Parys lughawe ervaar ek my eerste regte egte Franse macaroon van die bekende ‘Laduree’ winkeltjie. Teen R40 een staar ek eers net na die lekkernye, maar Marike draai my arm en ek koop…net een, ‘n roos gegeurde klein ligpienk koekie met amandelroom in die middel…magnifique!!

Antoinette sien haar eerste macaroon!!!
Gistermiddag laat arriveer ons – met die hulp van die Franse GPS kaarte op die Nuvi - in St Gervais waar ons vir die volgende tien dae in Gavin en Glenda Younge se pragtige huis op die Place du Lavoir bly. Lavoir beteken ‘washuis’ en daar is ‘n reuse ‘wasbad’ en fontein reg voor die voordeur.

Provance is poskaart pragtig! Dit is laat somer en alles is nog lowergroen. Die vol riviere kronkel deur honderd jaar oue
Jacques se bottel en Antoinette se
macaroon kos omtrent die selfde.
prentjie-mooi dorpies. Die meisie agter die kasregister in die winkel op Bagnols sur Ceze waar ons stop vir kruideniersware, vertel van die gelweldige storms die vorige aand waarvan ons salig onbewus was. Alles is skoon gewas deur die reen.
Pragtige Provance
Place de Laviour – St Gervais
Die enigste terugslag van die dag is dat ek, Marike en Jacques nie internet op ons Apple Mac rekenaars kan opvang nie, maar gelukkig kry Dawie dit op sy PC. Die gawe buurman Mr Antoine Schule, gee vir ons die wagwoord van sy verniet internet netwerk, maar niks werk vir ons nie! Hopelik kan ons dit in die volgende paar dae uitsorteer.
Arme Dawie moet nou sy rekenaar met ons almal deel want hoe werk jy sonder ‘n rekenaar?!
Die ‘wasgoedbad’ voor die voordeur

1 comment:

  1. Ek werk ook op 'n Mac. Om by 'n 'wireless' netwerk aan te sluit maak seker die 'AirPort' is aan. Click op die Apple Icon bo links. Click op 'System Preferences'. Onder 'Internet & Wireless' click op 'Network'. Click op die 'Turn Airport On' icon as 'AirPort' nie reeds aan is nie. Maak seker die boksie 'Show AirPort status in menu bar' is geclick. Soek bo regs op die menu bar na 'n icon wat soos 'n wiggie lyk – dis net links van die volume icon. Click dit. Daar onder sal 'n lys wees van beskikbare netwerke. Click op die netwerk wat julle wil gebruik. As daar 'n slot icon langs die netwerk is sal julle die wagwoord moet kry.Tik dit in, click OK en dan behoort julle gekonnekteer te wees.

    ReplyDelete