Sunday, September 12, 2010

Van groentemarkte in St Cecile tot vismarkte in Cannes!

Antoinette sê
Jean, Leona & Tsotsi
Ek kan nie glo vandag is al ons vyfde dag in Frankryk nie…twee programme in die “kan” en die span is besig met nommer drie waar ek hier sit en skryf. Ons is vir die volgende drie dae in Cannes waar ons vandag met Jean en Leona Bodart, en more saam met David en Stephanie Malan kook.


Behalwe die asemrowende uitsig van Leona-hulle se huis af oor Cannes is die beste nuus dat ons weer toegang tot die internet het na die afgelope paar dae se sukkel.

Hoog in die koppe bo Cannes.
Sante!!!











Gister het ons program twee met Marita en haar man Alain verfilm. Vroeg-oggend het ons na St Cecile, nog ‘n prentjie mooi klein dorpie naby St Gervais gery, en Marita se hele gesin by die groentemark ontmoet!!

Marita en Familie op pad na die
groentemark in St Cecile les Vignes
Wat wil jy hê ons moet doen?





My voet is seer...en ek verstaan nie lekker nie...
Dawie wonder vir wie hy moet luister...

















Wat ‘n ondervinding!! Elke stalletjie het net die varste produkte van groente tot kaas en alles tussenin. Die Franse neem hulle kos baie baie ernstig op. Daar is feitlik geen “fast food” winkels nie, en Daniel verduidelik dat McDonalds meer gewild is vir die verniet internet fasiliteit as die kos!! Marita waarsku ons dat die mark vroeg-oggend vol raak, en ek wonder hoe erg dit nou kan wees…..erg, baie erg want die hele dorp is teen 10-uur op die mark en koop vars vrugte en groente teen baie redelike pryse!!

David en sy Franse hoedjie
Ons sien paella....
Ons eet paella...
Cannes se bekende “Marche Froville” mark lyk anders maar die groente en vrugte is net so vars soos in St Cecile en die vis nog varser as dit enigsins moontlik is.

Vanoggend gevang!

Jacques soek die regte 'skoot' in Cannes se vismark.


Marche Froville mark - Cannes.
Kan nie wag vir more se avontuur nie…

Ons is baie kreatief!







No comments:

Post a Comment