Thursday, September 16, 2010

Asemrowende Cannes!!

Antoinette sê
Die krises is oor en ons gaan hou piekniek! Darem nie heeltemal nie…. David en Stephanie se tema is piekniekkos wat hulle in Maandag se kooksessie voorberei het. Gister, te midde van die rekenaar/hardeskyf drama, is ons na een van die eilande naby Cannes, Sainte-Maguerite, om die piekniek te gaan verfilm.

Sainte-Maguerite is die eiland waar “The Man with the Iron Mask’ verfilm is en waar Leonardo DiCaprio se karakter glo werklik eeue terug opgesluit was. Ons het ongelukkig nie tyd om die ou tronk te besoek nie, maar sien darem die asemrowende eiland terwyl ons na ‘n geskikte plek vir die piekniek soek.

Gisteraand gaan wys David en Stephanie vir ons die ou-dorp en ons eet aandete by die oudste restaurant in Cannes – Auberge Provencale. Wat ‘n ondervinding. Te gou is ons tyd in Cannes verby en ons moet Nimes toe waar ons volgende gaskokke wag.

Ons het ‘n fantastiese tyd in Cannes gehad, die mooiste plekke, mense, dinge en goed verfilm en kon dit nie sonder David en Stepahnie gedoen het nie. Hulle het ons met ope arms in hulle pragtige huis ontvang en bederf met die lekkerste kos – van vroegoggend vars koffie en croissants tot laataand Carpaccio en rooiwyn!! Baie baie dankie vir alles – ons gaan julle mis. 
 Asemrowende Cannes

Jacques soek die regte hoek!
Marita maak gereed vir 'n link

'Hurry up and wait!!'
Dawid & Stephanie



Piekniekkos - Cannes styl!
 Paparazzi?!?
'n Hele winkel vol macaroons!!

Dawid bederf ons!!
Auberge Provencale
Die hele MaritaKook span.

No comments:

Post a Comment