Wednesday, September 22, 2010

Ma Cachette!!

Antoinette sê
Ons arriveer gistermiddag reg op ‘siesta’ by Pierre Knoesen en Johan Bernard se Ma Cachette in Arlanc. Pierre verwelkom ons met ‘n ‘gaan weg, ons is vol’ van die boonste verdieping af!! Nog altyd die grapjas!

Ma Cachette – my wegkruipplekkie – is presies wat dit sê. Die mooiste gastehuis in Auvergne met die mooiste tuin, gerieflike groot kamers en en-suite badkamers en die lekkerste kos, waar jy kan wegkruip en rus. Ongelukkig nie ons nie. Nie die keer nie.

Ons pak af en uit en spring terug in die kar om te gaan kaas koop. Bloukaas, een van die spesialiteite van die omgewing, word deur ‘n aantreklike kaasmaker, hoog in die berge gemaak. Ons ry soontoe om te gaan kyk en koop. Die kaasmaker en sy ewe aantreklike kleinboet wys vir ons hulle kaaskelder vol heerlike bloukaas en vertel met geesdrif hoe hulle van kleins af net wou kaas maak.

Terug by die huis verras Johan ons met ‘n wonderlike aandete van gestopte murgpampoenblomme en vars groen aspersiesslaai. Daarna die hoofgereg – gevulde ‘savoy’ kool met geurige gemaalde vleis, en om mee af  te sluit ‘n heerlike tiramisu!! My en Marike se voornemens is alles daarmee heen!! Alweer… nogsteeds!! Marike oorweeg tent rokke en ek kaftans voortaan!!

Johan het Parkinson’s en beweeg moeilik, maar het ‘n ongelooflike passie vir kosmaak en die lewe!! Ons kuier tot laat en praat oor die goeie ou dae, en ek wonder of hierdie nie die goeie nuwe dae is nie!!

Dankie Pierre en Johan. Ons het ‘n fees gehad en ge-eet! You both rock!!

Besoek gerus hulle webwerf vir meer inligting – www.ma-cachette.com

Ma Cachette se voordeur.
'n Spierwit voorskoot gee alles weg!
Die aantreklike bloukaasmaker!
Johan & Pierre



Julle wil hê ek moet wat kook?
Marita en Johan kook!
Ma Cachette-My wegkruipplekkie
Die MaritaKook span aan die kook.

Jacques en Marita
Die kameramanne verloor die plot..

No comments:

Post a Comment