Antoinette sê
Ons is op nommer 9!! Kan julle dit glo….en nogsteeds sien ons elke dag nuwe dinge en ontmoet fantastiese mense!! Hierdie show KOOK!!
Gistermiddag arriveer ons in Vichy – die bekende ‘water’ stad in die middel van Frankryk. Alles draai om die baddens en die medisinale water wat deur dokters voorgeskryf word vir allerlei kwale. Vichy is ‘n pragtige stad wat heel anders voel en lyk as enige dorp of stad wat ons tot nou besoek het. Dit herhinner jou aan Bath in Engeland. Sjiek boetieks – maar nie so in jou gesig soos Cannes nie – is oral diskreet weggesteek. Die operahuis is iets om te aanskou!! Jy kan jou net voorstel hoe die mense op die promenade gepronk en preik het in vervloee dae.
Ons ontmoet gaskok Lynn Chaulieu by restaurant Les Caudalies vir Vichyssoise – ‘n sop van die stad gemaak van preie en aartappels maar met die sjef se eie kinkel – salm op ‘n brood stokkie! Baie baie lekker!! Lynn of te wel Lynnboerin soos Marita haar gedoop het, en die Mama Afrika van Suid Afrikaners wat in Frankryk woon en werk, is ‘n bol energie. Trots vertel sy ons van haar aangenome stad en wys ons rond.
Voordat ons die mosterdmaker op die pragtige dorpie Charroux ontmoet, stop ons gou by Lynn en haar man Olivier se gastehuis buite Vichy in Espenasse-Vozelle! Ons verwonder ons aan die pragtige huis met ‘n groot onderdak verhitte swembad wat hulle self reggemaak het!
Lynn is ‘n uitmuntende kok en gasvrou. Haar spyskaart vir ons kooksessie laat ons monde water. Mosterdkoekies, kerrie visbobotie en gestopte kwarteltjies met bosbessies. Haar pragtige groot kombuis is Jacques en Dawie se droom en ek en Marike kan nie wag om die kospotte uit te lek nie!!
Besoek asseblief Lynn se webwerf, en as jy jouself ooit in die omgewing bevind, boek in en kom eet! Jy sal nie spyt wees nie.
Webwerf: www.jardins-des-thevenets.com
Lynn se blog: autourdelatablehote.blogspot.com
 |
Astoria Hotel in Vichy |
 |
Die mosterdwinkel |
 |
Lekker mosterd |
 |
Die helende water-sentrum in Vichy |
 |
Aux Jardins des Thevenets |
 |
Bekende Vichy lekkertjies. |
 |
Die pragtige klein dorpie Charroux |
 |
Die span aan die kook! |
 |
Kwarteltjies met bosbessies |
 |
Lynn en Olivier se gaste kuier
lekker saam met Marita |
 |
Lynn en Olivier Chaulieu |
 |
Pragtig Afrika tafel in swart en wit |
 |
Marita & Lynn Kook |
 |
Vishyssoise with a twist! |
 |
Waar moet ek begin? |
 |
Restaurant Les Caudalies |
 |
Die span aan die kook! |
No comments:
Post a Comment