Sunday, September 19, 2010

Toro toro!!!

Marike sê
Ek skaam my so ‘n bietjie. Eintlik baie. Ek het ‘n stiergeveg bygewoon en het steeds ‘n bewondering vir die stiervegters en die dapper Spaanse vegtersbulle.

Die stad van Nimes is baie trots op hulle tradisie van bulgevegte – dit behou die stad se unieke karakter, sê hulle. Twee keer per jaar stroom Franse burgers, en toeriste uit veral Spanje hierheen vir die jaarlikse Stiergevegfees. Orkeste, ‘n sirkus (wat met behulp van hyskrane in die lug optree, vêr bo ons koppe) en rye en rye kos- en allerhande ander stalletjies verleen ‘n feestelike atmosfeer. Oral is aandenkings van bulle te koop. Op skilderye, teëls, t-hemde, hoede, juwele, rokke, serpe het voorstellings van beroemde bulle op.
Die toeskouers is netjies – soos in ‘n teater geklee. Hulle klap hande as die bul ‘n slim aanval loods en boeee die stiervegter as hy dom passies uitvoer. Ek verstaan nie alles rondom die ritueel nie, en ook nie die presiese redes vir die toejuig of die uitjou van die stiervegters nie, maar as die bul na die geveg van +_ 15 min deur perderuiters uit die arena gesleep word, klap die mense hande, soms staande, en skree ‘Toro Toro!’
Voel steeds vir my na ‘n beter lot as die van ‘n battery-hoender of ‘n Kirby-bees


No comments:

Post a Comment