Saturday, September 18, 2010

Nimlike Nimes

Antoinette sê
Vir die laaste twee dae skiet ons in Nimes. Eers by Stephane en Elmarie Landwerlin in hulle wonderlike restaurant – L’Esclafidou – reg in die middel van Nimes op die plein met dieselfde naam, en daarna by Theo & Christine Meyer so entjie uit die dorp.

Nimes is 2000 jaar oud het ontstaan in die tyd van die Romeinse ryk. Dit het een van die grootste en bes bewaarde amfiteaters waar daar vandag nog bulgevegte plaasvind. Twee keer per jaar hou die stad ‘n ‘Feria’ of fees waar matadors van oral die bulle aanvat. Dit is ‘n groot geleentheid en besoekers kom van heinde en verre om die feesgeleentheid by te woon. Ons is gelukkig genoeg om juis hier te wees met die tweede Feria hierdie jaar en sien uit om ondersoek te gaan instel later vanmidddag as Theo ons gaan wys wat daar aangaan.

Elke dorp in Frankryk het ‘n mark en elkeen het sy eie bekoring. Nimes se mark – Les Halles - het die stad se simbool, ‘n groot goue krokkodil onder ‘n palmboom in die middel van die mark. Die plek waar almal mekaar ontmoet, en ons vir Stephane en Elmarie!  Ons filmspan wek groot belangstelling by die ‘locals’ en kort voor lank is Les Halles se offisiele fotograaf daar om ons af te neem vir die inhuis-koerant! Famous at last…

Na die aankope is dit terug na die restaurant vir ‘n heerlike kooksessie onthaalkos. Dankie Stephane en Elmarie vir die ondervinding en die lekker kos.

PS. Dit is warmer hier as wat ons verwag het en ons het veels te veel warm klere ingepak. Marike se ‘toe’ skoene deug net nie en gister tussen al die werk gaan koop sy gou sommer twee pare sandale om by die weer te pas! Vanoggend is dit koud, toegetrek en wil wil reen! Wie is Murphy nou weer?


Stephane & Elmarie Landwerlin
L'Esclafidou

L'Esclafidou op die Plein

Jacques & Les Halles se fotograaf.
Theo en Christine Meyer
Macaroon Stellasie!
Chocolat...
Marike se 'chic' nuwe koene!!
Nimes se simbool.

No comments:

Post a Comment