Thursday, September 2, 2010

Manne agter die toerusting....

Jacques sê

Hallo almal. Dis my eerste blog en nes Davie is ek nie eintlik ‘n groot skrywer nie!  ONS IS DIE MANNE AGTER DIE LENSE.

Die laaste paar weke was baie besig – veral omdat ek op die laaste nippertjie gevra is om saam te gaan Frankryk toe. Maar wie kan nou nee sê vir so lekker avontuur!!

Al die toerusting is darem nou uitgesorteer en die grootste uitdaging is om dit in die regte gewigsklas te hou en om dit in ons gehuurde motor/bussie in Frankryk in te pas saam met die dames se tasse!!

Die toerusting....reg vir Frankryk!
Deel van die kameratoerusting is ‘n ‘shoulder bracket’ waarop die kamera gemonteer word om dit makliker te maak om ‘handheld’ te skiet. Hierdie ‘brackets’ is beskikbaar teen ‘n stewige bedraggie, hetsy die kameramanne ontwerp en maak almal hulle eie ‘konkoksies’

So het dit gekom dat die wapensmit in Skukuza, Fritz Rohr, ons ‘bracket’ gemaak het. Hopelik sal dit die ding doen in Frankryk. Weet net nie waar ek hom gaan inpas nie om nie eers van die gewig te praat nie!! 

No comments:

Post a Comment