Thursday, September 2, 2010

Sien is glo!



Marita sê


Sien is glo, sê hulle mos. Net ingeval julle my nie wil glo oor al ons gaste en die vreeslike gekuier en gekook en geëet en gedrink wat elke somer hier by ons gebeur nie, stuur ek vandag 'n paar foto's van verskillende kuiers om verskillende tafels in die buitelug. Elke prentjie skilder 'n duisend woorde, of hoe?

Wel, die eerlike rede vir die prentjies is dat ek eenvoudig nie vandag tyd gaan hê om 'n duisend woorde vir die blog te skryf nie. Ek en Marike is besig om die 'looporde' van elke afsonderlike episode agtermekaar te kry. (Dis nou hoe dit gaan lyk as julle dit vroeg volgende jaar op julle kassies kyk.) Nooit geweet dis so baie werk om 'n TV-episode van 'n skamele halfuur op die lug te kry nie! En hierdie halfuur sluit 6 minute van advertensietyd in, dus is ons bydrae in werklikheid beperk tot 24 minute - maar daar sit weke van voorbereiding en ure van skiet agter elkeen van daardie minute. 

mmmmmm....



Miskien ook maar goed ek het dit nie geweet nie. Dan sou ek seker nooit ingestem het om die reeks aan te bied nie - en dink net wat ek dan alles sou gemis het!  

1 comment:

  1. Ek weet dis cheesy maar ek hoop nie die kos is koud nie skat.

    ReplyDelete