Sunday, September 19, 2010

Olé!!!!

Marike sê

Ek is ‘n Groene.  ‘n Self-erkende boomliefhebber en hasieomhelser. Vandag gaan ek ‘n stiergeveg sien. Ek wou nog nooit, maar vandag gaan ek. Hier in Provence, in die stad van Nimes, die trotse hoofstad van die Franse bulgevegte, het ek agter die kap van die byl gekom. Verstaan wat Hemmingway beskryf het in ‘Death in the Afternoon’

Natuurlik gaan die bulle ‘n pynige dood sterf, maar dit is ‘n verheerlikde dood na afloop van ‘n gekoesterde lewe. Die bulle  is van ‘n spesiale ras, Spaanse Vegtersbulle, wat spesiaal vir stiergevegte geteel word in Spanje. Hulle word versorg en gepamperlang dwars-deur hulle lewens en die dag van die stiergeveg word hulle verheerlik tot amper kryger-status.

Smaak my na ‘n beter lot as die van vee en hoenders in massaproduksie, geteel net vir die pot, wat in elk geval ‘n aaklige dood in ‘n slagpale sterf na ‘n kort en misrabele lewe.

Stiervegter op perd!

Advertensie vir die Ferias

No comments:

Post a Comment