Saturday, September 18, 2010

Erasmuis

Lynnboerin sê :

Wat ek altyd vermoed het is nou bevestig. Diere het ook 'n epos sisteem en Erasmuis van Parys in die Vrystaat het vir Ratatouille III, sy Franse agterkleinneef,  laat weet dat daar 'n Afrikaanse TV span eersdaags hier in Aux Jardins des Thevenets gaan opdaag saam met Magic Marita.

Wel, nog nooit het ek probleme met 'n muis in my kombuis gehad nie – tot nou. En Lili die klein pes van 'n kat vang al wat hop en buite hardloop, maar wil niks weet van binne nie.

En nou het ek al alles probeer.
Valle gestel…
gifferige goed gegooi…
meel en en en…

Maar die duiweltjie bly in die rondte. Nou wat ?  Gedink moet julle maar net waarsku dat dit nie 'n vuil kombuis is nie alhoewel ek na whisky gegryp het oor my spinnerakke en aangesien Ratatouille III dalk gaan probeer om, soos sy baie bekende Oupa, êrens op 'n film vir ewig te word!

C'est la vie à la campagne!


'Paris' muis

Parys muis



No comments:

Post a Comment