Sunday, September 5, 2010

Nog net twee slapies….

Antoinette sê
Na al die naels kou het Davie se afspraak by die Franse ambassade verlede week heel goed verloop. Hy het hom in lewende lywe aangemeld, sy hompe papiere ingehandig en teen Dinsdag – D-Day – behoort hy sy visum te kry!!

Behalwe vir die visum drama, het die res van die week goed verloop en stadig maar seker ‘tick’ ek alles van my ‘to do’ lysie af en is elke dag meer opgewonde oor ons trippie. Alles is mos onder beheer….

Dis toe dat ek Marita se blog lees!! Die geringste afwyking van ‘n perfekte dag is enige TV-span se nagmerriê! Reen, blitse, wolke, wind, alles maak dit moeilik om te skiet. Dis of nat, gevaarlik, gooi skaduwees waar dit nie moet nie, maar die ergste hiervan is wind! Wind maak geraas, enige wind selfs die ligste van windjies hier in die bos om die hitte so ‘n bietjie te verlig, maak ‘n geraas op 'n mikrofoon!! Ek wil nie eers dink aan wat die mistral kan doen nie!! As ek die woord hoor dink ek aan die openings tonele van die fliek “Chocolat” waar die lieflike Juliette Binoche se karakter in ‘n klein Franse dorpie, letterlik deur die wind ingewaai word. ‘n Riller….ek gaan nie eers vir Jacques hiervan sê nie!! Ek hoop maar net die windstilte hou….


Nog net twee slapies……

Saturday, September 4, 2010

As die weer saamspeel...

Marita sê
Toe ek eergister wakker word, dog ek, ek het oornag doof geword. Alles was so vreemd stil om my, asof my kop in watte toegedraai is. Toe besef ek: nee, dis net die mistral wat ophou waai het.

Ná dié naarste van alle nare winde weer dae lank soos 'n stout kind om die hoeke van die huis gekerm het, het hy homself skynbaar uitgewoed en rustig gaan lê. Nie 'n oomblik te vroeg nie, want ek het vaagweg bekommerd begin word dat die wind steeds teen 100 km/u gaan waai as die TV-span volgende week opdaag. Dis natuurlik nie onmoontlik om buitetonele in 'n wind van 100 km/u te skiet nie, maar dis wraggies nie aangenaam nie. Ons is veronderstel om vrolike somerse tonele by markte en hawens te verfilm. Ek wil nie lyk soos 'n CNN-joernalis wat oor 'n orkaan verslag lewer nie.

Aan die ander kant, as die wind nou opgehou waai het, kan dit dalk oor 'n paar dae weer begin - net mooi wanneer ons die eerste episodes moet skiet.

Nee, kyk, nou skryf ek myself skoon benoud. Die weer bly een van die groot onsekerhede in so 'n TV-reeks. September is veronderstel om 'n goeie maand te wees vir verfilming - nie meer so ondraaglik warm nie, maar nog ver van koud; die omgewing lyk nog na somer, maar alles is rustiger met die ergste toeriste-bedrywigheid agter die rug - maar in Europa kan jy nooit té seker van die weer wees nie. Soms stortreën dit onverwags 'n paar dae lank - en hier in die vallei van die Rhone-rivier is die mistral altyd 'n onvoorspelbare element. Somer of winter, as hy wil waai, sal hy waai.

Ek troos myself dat ek met 'n ervare TV-span gaan werk wat kan improviseer wanneer dit nodig word. En gelukkig word die kern van elke episode rondom die stoof in 'n kombuis geskiet - waar selfs die moedswilligste wind ons nie kan pla nie. En as ons soms binnenshuis eerder as buite op 'n stoep of in 'n tuin moet eet, is dit tog ook nie 'n treinongeluk nie. Solank ons nie elke dag deur reën of wind getreiter word nie...

Intussen hou ek elke aand die weervoorspelling op TV met selfs meer belangstelling as gewoonlik dop - en net vir ingeval, sal ek 'n reënjas en 'n warm windjakker ook in my tas pak wanneer ons binnekort die pad vat na ons gaskokke se kombuise.

Vroegoggend in Frankryk

Lynnboerin sê
Ek kon myself maar net nie meer bluf nie – klaasvakie het my beslis verbygegaan die nag en het besluit om, eerder as om rond te rol soos 'n tolbos in my bed, op te staan en produktief te wees.

En sommer gou 'n lyntjie vir julle daar onder in Afrika te griffel voor ek die croissants in die oond gaan druk vir die gaste. My laaste oggend aan diens voor ons wegbreek vir 'n paar dae na 'n piepklein eilandjie aan die Franse weskus om ons gebeendere te 'balm' en op dreef te kry vir die Afrika ekspedisie wat een van die dae hier by ons gaan uitslaan!


Veral na ek Marita se geskryf op die blog gelees het waar sy praat van 'die wat weet' het ek geweet dat julle maar moet vat wat julle kry. Te laat om nou vir Dr Deon te bel en vra vir 'n totale oormaak 'Nip en Tuck' styl voor Marita, Marike en die oulike kameraman aankom.

Wat ek wel gedink het is om vir julle een aspek van kos in Frankryk te oorskryf en dit is dat die Franse leef om te eet en nie eet om te leef nie.

Een van die dinge wat my verstom gehad het toe ek eers in Parys aangekom het 20 jaar gelede is dat hulle die stad sal oorkruis om 'n bagette by 'n sekere bakkery te koop en kaas by 'n ander kaaswinkel ens. as in die gebied waar hulle bly want dit is net die beste! (Maar ek moet sê dat mens daarmee begin saamstem en self doen!) Ek onthou my kaastannie in die Rue des Martyrs wat altyd vir my gevra het teen watter tyd die aand ek my kaasbord gaan bedien, want sy wou my 'n Camembert gee wat presies reg sal wees teen die tyd wat ek die kaas bedien. Wonderlik sê ek en net nog 'n rede hoekom ek Frankryk my aangenome land gemaak het.

En nou moet ek my ontbyt tafel klaarkry en so tussendeur 'n boek of twee uitsoek vir my hopeloos te kort vakansie! Chat gou weer! Froggie hugs



Thursday, September 2, 2010

It has been a hectic half-a-week!




David Says
I started making a certificate to present to the cooks after every show on Sunday night, and only finished it by the end of Monday. I was consulting Marike about what she likes and doesn't through the whole process, and it turned out pretty nice.
On Tuesday I helped Jacques with a design for a shoulder mount bracket for the Sony EX3. 
He had brilliant ideas, and I copied some pictures from the net. We put it together and went down to Fritz Rohr (the Gunsmith) in Skukuza, and started building this beauty. Fritz is a wizard with metal, and he made some flowing curves in no time.
Then, all hell broke loose. They needed me in Cape Town to get my visa!! (All the horrid details are in Antoinette's post) I had to get ready for the 'Great Trek' back to Cape Town again. Wednesday morning I was off to Nelspruit, after a stressful night at Antoinette's place booking busses and planes. We were running a bit late for the bus and, of course, my car starts to over heat (badly!!). So being from Cape Town, and knowing some street racing thugs, I remembered a way to cool the car. We ended up driving most of the way with the windows down and the heater on full blast on a hot sunny day... comfy, but we made it just in time.
I eventually got to O. R. Tambo and got onto a earlier flight back to Cape Town. Luckily, because my original flight was delayed.
We now have a visa appointment for Friday, thanks to the machine, my mother.  Whooo!
Lets hope all goes well and I'm rocking my visa on Friday, otherwise we are going to have to pay for another overweight bag...with me in it.

Manne agter die toerusting....

Jacques sê

Hallo almal. Dis my eerste blog en nes Davie is ek nie eintlik ‘n groot skrywer nie!  ONS IS DIE MANNE AGTER DIE LENSE.

Die laaste paar weke was baie besig – veral omdat ek op die laaste nippertjie gevra is om saam te gaan Frankryk toe. Maar wie kan nou nee sê vir so lekker avontuur!!

Al die toerusting is darem nou uitgesorteer en die grootste uitdaging is om dit in die regte gewigsklas te hou en om dit in ons gehuurde motor/bussie in Frankryk in te pas saam met die dames se tasse!!

Die toerusting....reg vir Frankryk!
Deel van die kameratoerusting is ‘n ‘shoulder bracket’ waarop die kamera gemonteer word om dit makliker te maak om ‘handheld’ te skiet. Hierdie ‘brackets’ is beskikbaar teen ‘n stewige bedraggie, hetsy die kameramanne ontwerp en maak almal hulle eie ‘konkoksies’

So het dit gekom dat die wapensmit in Skukuza, Fritz Rohr, ons ‘bracket’ gemaak het. Hopelik sal dit die ding doen in Frankryk. Weet net nie waar ek hom gaan inpas nie om nie eers van die gewig te praat nie!! 

Sien is glo!



Marita sê


Sien is glo, sê hulle mos. Net ingeval julle my nie wil glo oor al ons gaste en die vreeslike gekuier en gekook en geëet en gedrink wat elke somer hier by ons gebeur nie, stuur ek vandag 'n paar foto's van verskillende kuiers om verskillende tafels in die buitelug. Elke prentjie skilder 'n duisend woorde, of hoe?

Wel, die eerlike rede vir die prentjies is dat ek eenvoudig nie vandag tyd gaan hê om 'n duisend woorde vir die blog te skryf nie. Ek en Marike is besig om die 'looporde' van elke afsonderlike episode agtermekaar te kry. (Dis nou hoe dit gaan lyk as julle dit vroeg volgende jaar op julle kassies kyk.) Nooit geweet dis so baie werk om 'n TV-episode van 'n skamele halfuur op die lug te kry nie! En hierdie halfuur sluit 6 minute van advertensietyd in, dus is ons bydrae in werklikheid beperk tot 24 minute - maar daar sit weke van voorbereiding en ure van skiet agter elkeen van daardie minute. 

mmmmmm....



Miskien ook maar goed ek het dit nie geweet nie. Dan sou ek seker nooit ingestem het om die reeks aan te bied nie - en dink net wat ek dan alles sou gemis het!  

Wednesday, September 1, 2010

Gaskok Nadine Visagie uit Tarbes

Nadine sê
Spring Cleaning – slegs een van hierdie twee woorde maak my opgewonde maar terselfdertyd besef ek dat ek nou beide nodig het. Terwyl al die Suid Afrikaners vandag Lentedag vier gaan ek begin om die huis silwerskoon te kry voor die aankoms van Marita en die kykNET-span aan die einde van die maand. Ek gaan ook die laaste lang, warm dae omhels met waardering omdat ek besef dat die koue binnekort oppad is Frankryk toe. 

So, hoe motiveer ek myself as bederfde Suid Afrikaner om hierdie skrikwekkende of sal ek sê (sug)wekkende taak alleen aan te durf? Miskien moet ek die raad van 'n Franse uitdrukking volg: voir la vie en rose (sien die lewe as rooskleurig) maar ai dit is darem moeilik sonder Rose, ons voormalige huishulp in Suid Afrika. Vandat ons in Frankryk woon besef ek weereens hoe wonderlik sy gewerk het, sy het altyd die huis in rekordtyd skoon gekry en boonop was sy altyd vriendelik gewees terwyl sy dit gedoen het (iets waarmee ek sukkel.) Rose ek mis jou!

Ek mis ook dikwels familie en vriende hier in die vreemde maar snaaks genoeg voel dit vir my asof familie kom kuier, al het ek nog nooit een van die mense ontmoet nie! Suid Afrikaners is bekend vir hul gasvryheid en dit is 10 keer meer waar wanneer hulle landsburgers in die buiteland verwelkom. Dit gaan SO lekker wees om vlot Afrikaans te praat in 'n land waar ek gereeld vashaak en verkeerd verstaan word. Ek wag met ope arms vir Marita en die kykNET-span en ek sien uit daarna om ons resepte en Franse leefwyse met kykNET kykers sowel as met familie en vriende te deel. On y va!