Friday, October 1, 2010

Ontbyt by Maison Rancesamy en Feesmaal in Tarbes

Antoinette sê

Woensdagoggend sê ons totsiens vir Biarritz by die see en ry oos na ons volgende gaskokke in Lasseube – Simon & Isebelle Browne. Dit sal program 12 wees, die einde kom stadig nader.

Simon en Isabelle bedryf ‘n gastehuis – Maison Rancesamy - so een kilometer uit Lasseube. Elke program het ‘n versassing. Die omgewing lyk anders, die gaskokke se huise het elkeen ‘n ander styl, die kos lyk en proe anders, ensovoorts. In Lasseube is Simon en Isabelle ons verassing! Hulle verwelkom ons hartlik en ons voel dadelik tuis. Die afgelope 10 jaar al is Isabelle ‘n lid van die stadige kos beweging en verskyn in die boek ‘Go Slow France’ deur Alastair Sawday. Ons sien vreeslik uit na die kos.

Isabelle se tema is ontbyt en sy maak ‘n heerlike chorizo en aartappel tortilla met vars plaaseiers en murgpampoen en tamatiestapeltjies. Na die opname eet die span heerlik!! Sy kan maar.

Program 12 kom so in die kan en vroeg vanoggend ry ons Tarbes vir ons laaste program saam met Nadine Visagie en Cilliers Coetzer. Feeskos!

Klein wêreld – Nadine is ‘n verslaggewer en het by die Laevelder in Nelspruit gewerk voor sy Frankryk toe gekom het!! Ons praat lekker oor al die mense wat ons ken.

Cilliers is ook ‘n rugbyspeler en hulle is al twee jaar in Frankryk. Op die spyskaart is skaapvleis in rooiwyn met neute, gemmer, kaneel, salie en kruisement en die ‘piece de resistance’, Crepe Suzette’s vir nagereg!!

‘n Heerlike fessmaal om ons reeks mee af te sluit.

More ry ons terug Marseille toe vir die vlug na Parys en dan Johannesburg. Alles is te gou oor. Nou lê die harde werk voor want 13 programme moet geredigeer word uit al die material wat ons die laaste 25 dae verfilm het. Wat ‘n voorreg!!
Die plein in Pau

Mens kan net wonder!

Hoe kan jy in die plek dieet!


Volgende winter se modes!

'n Standbeeld in Pau om die
twee wjreld oorloeë te herdenk.

Isabelle & Simon Browne

Maison Rancesamy

Go Slow France

Isabelle & Simon se plek.
Murgpampoentjie en tamatie gebak





Nadine word opge-mic!

Cilliers, Nadine & Seun

Marita & Nadine kook lekker

No comments:

Post a Comment