Wednesday, October 6, 2010

Blogboek

Marike sê
En daar is die uitsaaidatum vasgestel. Januarie, 2011 word MaritaKook op KykNET uitgesaai. Wonderlik!

Toe die blye nuus insak, is my volgende gedagtes “ O gaats! Daar gaan my en David se Krismisvakansies! En my familie-saamtrek oor Kersfees en my kind se kuier uit Kanada en ….”  Maar nou ja, dit gaan so lekker wees om al die filmmaterial aanmekaar te sit en die onvergeetlike tye te herleef en al die lekker kosse aan die kykers bekend te stel, dat niemand omgee om skouer aan die wiel die Kersfeesvakansie aan te durf nie.

Terselfder tyd  wil ek ‘n manier bedink om dankie te sê vir die ongelooflike gasvryheid van almal by wie ons aangedoen het. Dalk ‘n soort van ‘n reis- en verblyfbrosjure saamstel. ‘n Boekie  met besonderhede oor al die fantastiese gastehuise, die cuisine, die omgewing en besienswaardighede van die streke. Die Suide van Frankryk is relatief onbekend aan Suid Afrikaners en dit is onbeskryflik mooi met kleurvolle en uiteenlopende landskappe, cuisine en kulture.

Meeste van ons gaskokke het net op Marita se woord, ons met ope arms verwelkom en hulle huise en kombuise vir ons oopgestel. Almal het Suid Afrikaanse bande. Die met gastehuise of reisagentskappe sal waarskynlik toeriste aan hulle streek verwelkom.

Enige voorstelle oor hoe ek dit kan aanpak?

As jy nie op die blog kan inkom om komentaar te lewer nie, gebruik asseblief  marike@chillyfeverproductions.co.za

1 comment:

  1. Goeie môre Marike,

    Ek wil net by jou uitvind, die musiek wat gespeel het op d Kyknet TV program, Marita Kook in Frankryk. Is daar 'n cd beskikbaar met die musiek op?, indien nie kan jy dalk net vir my sê wie se musiek dit is asseblief? My Ma wil graag 'n cd hê waarop die musiek is.

    Baie dankie, ek sal dit baie waardeer. Marita het gesê ek kan by jou navraag doen.

    Groete
    Rina

    ReplyDelete