Friday, October 1, 2010

Hola, Adios & Gracias

Antoinette sê
Maandag en Dinsdag het ons af voordat ons weer vir Marita Woensdag in Pau kry vir ons volgende kooksessie. Dis ons eerste properse afdag vandat ons in Frankryk aangekom het.

Ons besluit om twee aande oppad Pau toe in Biarritz oor te bly. Dis by die see en voel soos ‘n vakansie. Maandag ry ons agt ure van Aurillac na Biarritz – een uur oos van Pau - en besef weereens,  Frankryk is groot.

Oppad stop ons in Bordeaux vir middagete. Ons monde hang alweer oop!! Dit is ‘n pragstad met pragwinkels en ‘n eie Notre-Dame reg in die middel van die dorp. Ons verkyk ons terwyl ons middagete op die plein eet. Ons drink Bordeaux in Bordeaux en kan ons geluk nie glo nie. Miskien moes ons hier oorgebly het?

Laat-middag arriveer ons in Biarritz en gaan soek dadelik ‘n sonsondergang. Ons kry een! ‘n Baie mooie oor die koue Atlantiese oseaan. Dit is asemrowend.

Ons het een dag ‘vakansie’ oor!!

Dinsdag vat ons die pad Spanje toe – dis dan net in die volgende dorp! San Sebastian. Daar lyk en voel alles anders – Spaans. By die mark ‘hola & adios’ ons in stede van ‘bonjour & au revoir’. Ons koop heerlike ‘chorizo’ wors en loop na die Santa Maria Katedraal in die oudste deel van die stad. Klein straatjies met honderde winkeltjies lei na en van die pragtige Katedraal. Ons koop allerlei toeriste snuisterye en eet tapas en drink Spaanse bier en Sangria. Gracias

Op pad terug stop ons by Saint Jean de Luz – ‘n kusdorpie aan die Franse kant van die grens. Dit voel en lyk weer Frans. Ons ontdek die trekpleister – straatjies en stegies met letterlik honderde winkeltjies en restaurantjies waar toeriste koop en eet. Hulle verkoop alles van onderbroeke met macaroons op – ek was so lus vir een – tot duur kombuistoerusting wat net Jamie en Nigella gebruik. Ons kyk net!!

Te gou is ons afdag oor en ons is oppad Lasseube toe om vir Isabelle en Simon Browne te ontmoet vir ons volgende kooksessie en program 12.


Argentat op die La Dordogne rivier

Bordeaux

Middagete in Bordeaux

Apero!

Ek en Marike voor die
Notre Dame in Bordeaux

Fiets of fiets....??

Marike in Biarritz

Sonsondergang in Biarritz

Imposante Sante Maria
Katedraal se ingang.

Tapas.

San Sebastian - Spanje

Grand Hotel - St Jean de Luz

'n Baie opgewonde Dawie - hy't die
winkeltjie in San Sebastian gekry
te midde van honderde ander!!

Maal met 10!!

O la laaaaa!

Only in France!!

Wil nie weet nie!!

No comments:

Post a Comment