Thursday, August 19, 2010

Die week hardloop weg!


Antoinette sê
Ek kan nie glo dit is al Donderdag nie! Die dae vlieg verby en daar is nog so baie om te doen voordat ons op die vliegtuig kan klim.

Die visa aansoekvorms is oppad Kaap toe en hopelik het ons teen volgende week die tyd ons Schengen visas en kan Frankryk  invaar...askuus, invlieg!!  Jacques is druk besig om al die toerusting bymekaar te kry en het vanoggend vir my gesê dit is ‘n aardige spulletjie. Sit daarby almal se skootrekenaars, kameras en selfone en ons het kompleet ‘n mobile ateljee!

David, ons ander kameraman en rekenaar fundi, is op die oomblik in die Kaap en het gister die Franse padkaarte vir die GPS by Cape Union Mart in Tygervallei sentrum gaan koop. David soek nou vir min of meer drie weke na die kaarte op die internet en kom toe uiteindelik so op Cape Union Mart se webwerf af. Hy vra verskillende winkels in Mpumalanga en die Wes-Kaap of hulle die skaars padkaarte aanhou en/of vir ons kan bestel. Verskeie kwotasies kom terug van die winkels in Nelspruit en Witbank. Die prys R1 600 +!! Die uiters noodsaaklike item, waarvoor ons nie oorpronklik begroot het nie maar waarsonder ons nie gaan klaarkom in die Franse platteland nie, moet aangekoop word. David het nog probeer navors of ons dit nie vir goedkoper direk van die internet af kan kry nie, toe kry hy Tygervallei se kwotasie, ‘n hele R1000 goedkoper!!! Nou vra ek vir jou met trane in my groot bruin oe, hoe is dit moontlik. Diesefde winkel, dieselfde land maar ‘n R1000 verskil tussen Mpumalanga en die Wes-Kaap! Wie is besig om vir wie hier deur die ore te werk? Ek het nog altyd gedink Mpumalanga is die duurste provinsie in die land, maar dit is bietjie dik vir ‘n daalder. Nietemin, ons het ons kaarte en kan ry waar ons moet! (Hoop die stemhet ‘n Franse aksent!!)

Gister kry ek ‘n epos van ons reisagent, Lyndill Greenfield van Flight Centre in Stellenbosch, wat vir my vertel dat al die konslutante in hulle winkel gek is na ons blog, maar wil weet hoekom ek nie na haar briljante diens verwys het nie. Ek besef toe weereens dat ‘n televisie produksie op so baie mense agter die skerms staatmaak om ‘n sukses daarvan te maak. Lyndill, baie dankie vir jou flinke diens met al ons reisreelings – ons waardeer dit!!

2 comments:

  1. Julle kan afstande en tye beplan met RAC of AA route planner (beide UK), asook Europese TOMTOM program. En die TOMTOM kan in Afrikaans praat!

    Louisa Sherman

    ReplyDelete
  2. Dankie Louisa, Ons het gelukkig intussen die Carmin Nuvi se Franse kaarte opgespoor, en kan nou lekker rondry in Frnkryk! Sal ook na die route planners kyk.

    ReplyDelete