Marita sê
Vier verby - nog nege wat kom. Maar aangesien ons eerste vier kooksessies voor die kamera seepglad verloop het, is ek nou vol moed vir die nege wat nog verfilm moet word. Wel. seepglad is dalk nie die regte woord vir 'n kookprogram nie. Botterglad klink beter, of hoe?
Daar is natuurlik altyd die onvermydelike iets wat skeefloop - maar teen hierdie tyd beskou ek dit as die kruie wat die gereg net interessanter maak. In ons eerste sessie met Daniel en Noèmie was die bakker wat ons wou gebruik mos met vakansie, maar gelukkig kon ons blitsig 'n ander bakker vind wat maar net te gewillig was om vir 'n TV-program verfilm te word. Kort voor die tweede sessie met Alain het ek amper my wysvinger afgesny toe ek met 'n te skerp sker 'n stukkie leer van Mia se sandaal wou afknip - en dis onmoontlik om 'n onooglike pleister weg te steek op die vele nabyskote van hande wat 'n kosprogram vereis - maar hulle sê mos dis hoe jy 'n 'regte' kok uitken - aan die snye en brandmerke en al die ou wonde aan hulle hande. Ek voel steeds nie soos 'n 'regte' kok nie - maar nou begin my hande minstens soos 'n regte kok se hande lyk.
Gedurende Alain se sessie was die grootste probleem die hitte. Ons moes die kombuisdeur toemaak teen die straatgeraas, en die kameraligte was warm, warm, warm. Die sweet het letterlik by my arme man se gesig afgedrup. Ons moes 'n spesiale vadoek byderhand hou om kort-kort sy glansende voorkop af te vee, anders het die weerkaatsing sweerlik te erg geword vir die kameraman se oë...
Vandag, terwyl ons in Cannes saam met David Malan en sy mooi vrou Stephanie gekook het, moes David met 'n vlymskerp mes 'n stuk beesvleis in fyn velletjies sny vir sy carpaccio - en voila, daar sny die kok toe sy vinger raak voor die kamera. Bloed wat spat en pleisters wat dringend gesoek word - en die enigste pleisters wat Stephanie opspoor, is vir hulle 3-jarige seuntjie gekoop, met prettige prentjies van drake en blommetjies en monsters. Toe werk ons maar die draak-pleister by die program in. Terwyl ek en David voor die kamera ons wonde vergelyk, soos wafferse oorlogsveterane, het ek nogal soos 'n 'regte' kok begin voel.
Gister by Leona en Jean, ook aan die Riviera, het ons dit sowaar reggekry om van die croutons in die oond te vergeet en toe kom hulle 'n bietjie te bruin uit. (Nie verbrand nie hoor. Net 'n bietjie bruin vir die kamera.) Gelukkig was daar darem genoeg wat fotogenies genoeg was om bo-op die bakkie geroosterde broodjies te rangskik en saam met die rouille in die vissop te week. En was die vissop nie smullekker nie!
En vandag het 'n bakkie van David se gestolde tamatiesap (vir sy sjiek mozzarella-en-tamatieslaai 'with an edge') uit die yskas geval toe die deur oopgemaak word. Die hele vloer vol skerwe, die hele yskas rooi van die tamatiesap - maar gelukkig het die kameras nie gedraai nie en gelukkig was daar nog vyf ander bakkies om voor die kameras te gebruik. Gelukkig is daar altyd 'n maar, nè.
Hou hierdie blog dop vir verdere voorbeelde van krisisse en katastrofes in die lewe van 'n kuierende kosprogram-aanbieder. Dit kan dalk net erg opwindend word.

Die blog is reeds opwindend, so ek kan net dink hoe lekker dit moet wees om die verskillende episodes te verfilm. Ek geniet almal se bydraes vreeslik baie, nie net omdat ek party van die mense wat deelneem ken nie, maar ook omdat ek al verskeie van die plekke waar dit verfilm word besoek het. My enigste vraag is: hoe gaan dié van ons wie hier in Frankryk bly die program te siene kry?
ReplyDelete