Marita sê
Vandag het ons so heerlik kuier-kuier saam met ons liewe vriende Annemarie en Jaap die halfpadmerk van ons kookreeks oorgesteek. Sewe van die 13 episodes is nou geblik - en tot ons vreugde is elkeen anders, uniek, spesiaal.
Die sewende episode het rondom vakansiekos gedraai, omdat Annemarie en Jaap al jare lank in hierdie ou kliphuis in die heuwels van Vals les Bains kom vakansie hou. Ek het gistermiddag al saam met Alain en Mia deurgery om die aand rustig saam met hulle deur te bring voordat ons vandag voor die kameras sou begin kook. Ons het op 'n buurdorpie gaan eet - die skilderagtige Antraigues wat aan die rand van 'n hoe" krans klou en waar Jacques Brel glo gereeld vakansie gehou het - en half per ongeluk (of geluk!) beland in 'n restaurant met 'n eienares wat sweerlik in 'n storieboek hoort. So 'n bruuske Madame wat jou nie eintlik wil vertel wat op die spyskaart is nie, 'want julle het in elk geval nie 'n keuse nie, julle moet die volle spyskaart bestel, daar's niks anders nie', en met jou raas as jy nie jou bord leeg eet nie. Of, bewaar jou siel, 'n happie te veel kaas afsny - soos die arme Jaap wat behoorlik onder haar skerp tong moes deurloop.
Ons het soos stout koshuiskinders gegiggel, aangepor deur twee bottels rooiwyn van die plaaslike Ardeche-streek, en nogal nie te veel gesukkel om ons borde blinkleeg te los nie. Al vyf gange van die ete was smaaklik, van die charcuterie waarmee ons begin het (growwe patees en die fantastiese droe" wors waarvoor die Ardeche bekend is) tot by die nagereg van vars frambose met room. En in hierdie era van beeldskone jong kelners met spierwit tande en vals glimlagte is dit 'n vreemde soort plesier om deur so 'n kort en plomp en onaansienlike kwaai 'tannie' bedien te word. Amper so lekker soos wanneer jou ma in jou eie huis vir jou opskep terwyl sy heelpad kla en raas.
Na die aandete het Annemarie en Jaap en Alain nog verder gekuier en selfs aan die dans geraak, maar ek het ewe voorbeeldig gaan inkruip want ek het geweet ons moet weer voor sewe vanoggend opstaan. Dit bly vir my die heel moeilikste deel van hierdie verfilming - die douvoordag se opstanery. (En seweuur is laaaat in vergelyking met al die oggende die afgelope week wat ek vieruur of halfvyf uit die bed moes wees.) Dis ook die vernaamste rede waarom ek nou dadelik gaan slaap. Die sagte donsduvet op die bed roep my op my naam: Maritaaaa...
More moet ek weer voor dagbreek op die been wees om saam met Annemarie en Jaap na 'n plaas te ry waar bokmelkkaas gemaak word. En dan vat ek die pad saam met die TV-span, rigting Arlanc, na Pierre en Johan se gastehuis. Goeienag en lekker slaap.

No comments:
Post a Comment