David het uiteindelik sy visum vanoggend gekry!!!! Net betyds voor hy die vlug van Kaapstad Johannesburg toe moet kry om ons daar te ontmoet vir ons vlug na Frankryk vanmiddag.
In September 2010 is ons in Frankryk om ‘n kosreeks – MaritaKook - vir kykNET te verfilm. Marita van der Vyver is die gasvrou en aanbieder van die reeks waar ons Suid-Afrikaners gaan besoek wat in die suide van Frankryk woon en werk. Ons span - Marike Bekker, Antoinette Goosen, Jacques Goosen en David Swart. In die blog gee ons ‘n voorsmakie van die reeks – ons vertel vir julle hoe ons voorberei vir die skiet en wat ons alles in Frankryk gaan doen en sien. Ons sien verskriklik baie uit.
No comments:
Post a Comment