Friday, October 8, 2010

Welkom en lekker saamkook Jaco!

Marike sê
Met die na-produksie op hande kry ons ‘n nuwe spanlid by. ‘n Talenvolle, slim, toegewyde, liewe, mooi jongman; Jaco Laubscher. (Eat your hart out Annemarie en Lynn!)

Jaco is een van die Kaap se heel beste televisie-redigeerders met programme soos Roer!, Groen, Men’s Health, Shoreline, en nog vele, vele meer op sy kerfstok.

Ek en David gaan die grondwerk doen deur die filmmateriaal inhoudelik te redigeer in die regte looporde en Jaco gaan die programme uitsaaigereed kry. Dit beteken onder andere; die musiek kies en sinchroniseer met die beeldmateriaal, die programme presies die regte tydsduur kry, die advertensiebreuke plaas,  die eindkrediete redigeer, kort advertensies vir elke episode sny. ‘n Groot en baie belangrike werk

Ek kan nie aan enige iemand beter dink om dit te doen nie.

Baie, baie welkom Jaco – ons sien uit na die saamwerk!

Meeting with on-line editor Jaco

Wednesday, October 6, 2010

Blogboek

Marike sê
En daar is die uitsaaidatum vasgestel. Januarie, 2011 word MaritaKook op KykNET uitgesaai. Wonderlik!

Toe die blye nuus insak, is my volgende gedagtes “ O gaats! Daar gaan my en David se Krismisvakansies! En my familie-saamtrek oor Kersfees en my kind se kuier uit Kanada en ….”  Maar nou ja, dit gaan so lekker wees om al die filmmaterial aanmekaar te sit en die onvergeetlike tye te herleef en al die lekker kosse aan die kykers bekend te stel, dat niemand omgee om skouer aan die wiel die Kersfeesvakansie aan te durf nie.

Terselfder tyd  wil ek ‘n manier bedink om dankie te sê vir die ongelooflike gasvryheid van almal by wie ons aangedoen het. Dalk ‘n soort van ‘n reis- en verblyfbrosjure saamstel. ‘n Boekie  met besonderhede oor al die fantastiese gastehuise, die cuisine, die omgewing en besienswaardighede van die streke. Die Suide van Frankryk is relatief onbekend aan Suid Afrikaners en dit is onbeskryflik mooi met kleurvolle en uiteenlopende landskappe, cuisine en kulture.

Meeste van ons gaskokke het net op Marita se woord, ons met ope arms verwelkom en hulle huise en kombuise vir ons oopgestel. Almal het Suid Afrikaanse bande. Die met gastehuise of reisagentskappe sal waarskynlik toeriste aan hulle streek verwelkom.

Enige voorstelle oor hoe ek dit kan aanpak?

As jy nie op die blog kan inkom om komentaar te lewer nie, gebruik asseblief  marike@chillyfeverproductions.co.za

Monday, October 4, 2010

Babbelbek was besig

 Lynnboerin sê
Nee, nee het nie net sit en mope sedert ek laas geskryf het nie  - was net so aan't hoppe dat ek nie 'n minuut gehad het om 'n paar lyne te griffel van die kant nie. En nou is die Ateam ook al klaar weer terug in Afrika.
Net na Magic Marita en die ATeam vertrek het, kom Gypsy Chef Pam al die pad van Amerika aan met haar groep verskriklike mal Amerikaanse vroue! En was dit 'n fees! Vir 5 dae het ons geeet, gekook, gelag, (en so bietjie gedrink!!!!!!!) So in die lyn van MaritaKook!


Gaan kyk gerus na Pam se blog : http://thegypsychef.blogspot.com/
Dit is nou die 2de jaar dat Pam 'n groepie bring en ons ry so bietjie in ons mooi Franse platteland rond na 'Charroux' en die mostert tannie wat julle op MaritaKook te siene sal kry, gaan proe wyn in Saint Pourçain, onse oudste wynlandstreek, gaan eet by ons Michelin ster restaurant in Vichy, Maison Decoret, en dan laatmiddag terug by die huis waar Pam haar lesse gee. Onder andere sommer sjokolade maak ook! 'n FEES!
En net na ek die spulletjie op Vichy stasie afgelaai het, het ons die pad gevat na die Aveyron streek waar ons 'n wonderlike troue bygewoon het en wat het ons ook gedoen? Die nationale sport van eet en drink! Ai ai, kan julle indink hoe ek sukkel om die ronde kurwes so bietjie platter te kry?

Nou weer terug in die tuig en probeer die huis in orde kry na 2 weke van lekker aksie. En probeer om die alleen gevoel weg te werk want die huis voel leeg na die Marita en die lekker span en toe Gypsy Chef Pam en die 2de Groovy Gang! But life goes on en my volgende gaste behoort enige oomblik te arriveer! Ek gaan 'n lekker ding saamslaan op my blog, so watch this space for more!
Froggie hugs


2de Groovy Gang

Gypsy Chef Pam
Cheers...


Sunday, October 3, 2010

Merci, Merci, Merci

Marita sê

Jippie! MaritaKook is verby, nou's dit terug na Marita Lewe. Of in elk geval Marita Slaap. Dis hoe ek gevoel het toe ek gistermiddag, ná meer as agt uur op treine en stasies, vaal en flou by my huis instap, bed toe strompel en aan die slaap raak.

Dit was 'n onvergeetlike ondervinding, die maand van reis en kook en kuier in kombuise en koswinkels en om gesellige tafels, maar ek is verlig dat ek kan terugkeer na my gewone lewe van skryf en skottelgoed was. (Nooit gedog ek sou verlig wees om terug te keer na skottelgoed was nie.)

Vir Marike en David begin die tydsame taak van redigering nou eers - ure en ure van verfilmde tonele wat bekyk en gekeur en geknip en gerangskik moet word om 13 halfuur-episodes te vorm - maar vir my is die harde werk verby. Al wat oorbly is om elkeen van ons gaskokke en hulle metgeselle, kinders, honde, katte, ander troeteldiere en deelnemende vriende weer eens persoonlik te bedank. Van Daniel en Noèmie se tamatieterte amper vier weke gelede in Tulette tot Nadine en Cilliers se vlammende crèpes Suzette Vrydag in Tarbes, van Lynn en Olivier se elegante swart-wit gedekte tafel op 'n stoep naby Vichy tot Jaap en Annemarie se blou gedekte tafel op die gras buite Vals les Bains - en al die ander, julle ken julle name en julle waarde is ver bo korale. Julle het my wildste verwagtinge oortref, my oë én my maag behaag, my siel saam met my sintuie gevoed.

Julle kook!

En julle mag maar.

Ek kan nie wag om die hele avontuur weer eens op die TV-skerm te beleef nie. Ek weet, ek weet, dit gaan maande kos en ons sal almal geduldig moet wees. Maar as die volgelinge van hierdie blog weet wat ek en die gaskokke weet, sal hulle net so nuuskierig soos ons wees om die eindproduk te sien. Antoinette het belowe sy gaan die blog voortsit - op 'n stadiger trant natuurlik - om almal op die hoogte te hou van hoe dit met die redigering gaan. As julle wil weet wanneer die reeks uitgesaai word, hou asem op en hou duime vas en hou hierdie ruimte dop.   

Miskien moet ek sê die régte MaritaKook begin nou eers...

Saam met ons laaste gaskok, die lieflike Nadine Visagie van Tarbes


Friday, October 1, 2010

Ontbyt by Maison Rancesamy en Feesmaal in Tarbes

Antoinette sê

Woensdagoggend sê ons totsiens vir Biarritz by die see en ry oos na ons volgende gaskokke in Lasseube – Simon & Isebelle Browne. Dit sal program 12 wees, die einde kom stadig nader.

Simon en Isabelle bedryf ‘n gastehuis – Maison Rancesamy - so een kilometer uit Lasseube. Elke program het ‘n versassing. Die omgewing lyk anders, die gaskokke se huise het elkeen ‘n ander styl, die kos lyk en proe anders, ensovoorts. In Lasseube is Simon en Isabelle ons verassing! Hulle verwelkom ons hartlik en ons voel dadelik tuis. Die afgelope 10 jaar al is Isabelle ‘n lid van die stadige kos beweging en verskyn in die boek ‘Go Slow France’ deur Alastair Sawday. Ons sien vreeslik uit na die kos.

Isabelle se tema is ontbyt en sy maak ‘n heerlike chorizo en aartappel tortilla met vars plaaseiers en murgpampoen en tamatiestapeltjies. Na die opname eet die span heerlik!! Sy kan maar.

Program 12 kom so in die kan en vroeg vanoggend ry ons Tarbes vir ons laaste program saam met Nadine Visagie en Cilliers Coetzer. Feeskos!

Klein wêreld – Nadine is ‘n verslaggewer en het by die Laevelder in Nelspruit gewerk voor sy Frankryk toe gekom het!! Ons praat lekker oor al die mense wat ons ken.

Cilliers is ook ‘n rugbyspeler en hulle is al twee jaar in Frankryk. Op die spyskaart is skaapvleis in rooiwyn met neute, gemmer, kaneel, salie en kruisement en die ‘piece de resistance’, Crepe Suzette’s vir nagereg!!

‘n Heerlike fessmaal om ons reeks mee af te sluit.

More ry ons terug Marseille toe vir die vlug na Parys en dan Johannesburg. Alles is te gou oor. Nou lê die harde werk voor want 13 programme moet geredigeer word uit al die material wat ons die laaste 25 dae verfilm het. Wat ‘n voorreg!!
Die plein in Pau

Mens kan net wonder!

Hoe kan jy in die plek dieet!


Volgende winter se modes!

'n Standbeeld in Pau om die
twee wjreld oorloeë te herdenk.

Isabelle & Simon Browne

Maison Rancesamy

Go Slow France

Isabelle & Simon se plek.
Murgpampoentjie en tamatie gebak





Nadine word opge-mic!

Cilliers, Nadine & Seun

Marita & Nadine kook lekker

Laaste blog uit Frankryk!

Marike sê

En toe gebeur dit met ons heel laaste program. Ek besef opnuut mense is mense, is mense die wêreld oor.

Ons skiet in die stad van Tarbes aan die laaste program met Nadine Visagie en Cilliers Coetzer.

Vir die program moet Marita haar op die stadsplein ontmoet. Marita moet uitgeloop kom van agter ‘n indrukwekkende spuitfontein, Nadine moet uit ‘n parkeerterrein te voorskyn kom. Toe sy verskyn, juig ‘n groep studente haar baldadig toe. Ek skrik my boeglam en vra haar om dit weer te doen. Ek word luidrugtig uitgejou. ‘n Ander spul koek koggelend  om Marita en sê ‘bonjoir’ vir hulle ma’s oor die TeeVee.

Net toe ons die spul onder bedaring het, spring daar ‘n ou voor die kamera in, trek sy broek af en gee ons ‘n ‘brown eye’.

Leer jou niks, wys jou net.
‘Home James, and don’t spare the horses!’

Dit was ‘n fantastiese maand, in ‘n wonderlike land, en ‘n ongelooflike lekker filmskiet – nou lê maande se redigeering van die afsonderlike episodes voor. Minstens 10 dae vir elkeen van die 13 programme.

Ek kan nie wag nie!

Hola, Adios & Gracias

Antoinette sê
Maandag en Dinsdag het ons af voordat ons weer vir Marita Woensdag in Pau kry vir ons volgende kooksessie. Dis ons eerste properse afdag vandat ons in Frankryk aangekom het.

Ons besluit om twee aande oppad Pau toe in Biarritz oor te bly. Dis by die see en voel soos ‘n vakansie. Maandag ry ons agt ure van Aurillac na Biarritz – een uur oos van Pau - en besef weereens,  Frankryk is groot.

Oppad stop ons in Bordeaux vir middagete. Ons monde hang alweer oop!! Dit is ‘n pragstad met pragwinkels en ‘n eie Notre-Dame reg in die middel van die dorp. Ons verkyk ons terwyl ons middagete op die plein eet. Ons drink Bordeaux in Bordeaux en kan ons geluk nie glo nie. Miskien moes ons hier oorgebly het?

Laat-middag arriveer ons in Biarritz en gaan soek dadelik ‘n sonsondergang. Ons kry een! ‘n Baie mooie oor die koue Atlantiese oseaan. Dit is asemrowend.

Ons het een dag ‘vakansie’ oor!!

Dinsdag vat ons die pad Spanje toe – dis dan net in die volgende dorp! San Sebastian. Daar lyk en voel alles anders – Spaans. By die mark ‘hola & adios’ ons in stede van ‘bonjour & au revoir’. Ons koop heerlike ‘chorizo’ wors en loop na die Santa Maria Katedraal in die oudste deel van die stad. Klein straatjies met honderde winkeltjies lei na en van die pragtige Katedraal. Ons koop allerlei toeriste snuisterye en eet tapas en drink Spaanse bier en Sangria. Gracias

Op pad terug stop ons by Saint Jean de Luz – ‘n kusdorpie aan die Franse kant van die grens. Dit voel en lyk weer Frans. Ons ontdek die trekpleister – straatjies en stegies met letterlik honderde winkeltjies en restaurantjies waar toeriste koop en eet. Hulle verkoop alles van onderbroeke met macaroons op – ek was so lus vir een – tot duur kombuistoerusting wat net Jamie en Nigella gebruik. Ons kyk net!!

Te gou is ons afdag oor en ons is oppad Lasseube toe om vir Isabelle en Simon Browne te ontmoet vir ons volgende kooksessie en program 12.


Argentat op die La Dordogne rivier

Bordeaux

Middagete in Bordeaux

Apero!

Ek en Marike voor die
Notre Dame in Bordeaux

Fiets of fiets....??

Marike in Biarritz

Sonsondergang in Biarritz

Imposante Sante Maria
Katedraal se ingang.

Tapas.

San Sebastian - Spanje

Grand Hotel - St Jean de Luz

'n Baie opgewonde Dawie - hy't die
winkeltjie in San Sebastian gekry
te midde van honderde ander!!

Maal met 10!!

O la laaaaa!

Only in France!!

Wil nie weet nie!!