Marita sê
Jippie! MaritaKook is verby, nou's dit terug na Marita Lewe. Of in elk geval Marita Slaap. Dis hoe ek gevoel het toe ek gistermiddag, ná meer as agt uur op treine en stasies, vaal en flou by my huis instap, bed toe strompel en aan die slaap raak.
Dit was 'n onvergeetlike ondervinding, die maand van reis en kook en kuier in kombuise en koswinkels en om gesellige tafels, maar ek is verlig dat ek kan terugkeer na my gewone lewe van skryf en skottelgoed was. (Nooit gedog ek sou verlig wees om terug te keer na skottelgoed was nie.)
Vir Marike en David begin die tydsame taak van redigering nou eers - ure en ure van verfilmde tonele wat bekyk en gekeur en geknip en gerangskik moet word om 13 halfuur-episodes te vorm - maar vir my is die harde werk verby. Al wat oorbly is om elkeen van ons gaskokke en hulle metgeselle, kinders, honde, katte, ander troeteldiere en deelnemende vriende weer eens persoonlik te bedank. Van Daniel en Noèmie se tamatieterte amper vier weke gelede in Tulette tot Nadine en Cilliers se vlammende crèpes Suzette Vrydag in Tarbes, van Lynn en Olivier se elegante swart-wit gedekte tafel op 'n stoep naby Vichy tot Jaap en Annemarie se blou gedekte tafel op die gras buite Vals les Bains - en al die ander, julle ken julle name en julle waarde is ver bo korale. Julle het my wildste verwagtinge oortref, my oë én my maag behaag, my siel saam met my sintuie gevoed.
Julle kook!
En julle mag maar.
Ek kan nie wag om die hele avontuur weer eens op die TV-skerm te beleef nie. Ek weet, ek weet, dit gaan maande kos en ons sal almal geduldig moet wees. Maar as die volgelinge van hierdie blog weet wat ek en die gaskokke weet, sal hulle net so nuuskierig soos ons wees om die eindproduk te sien. Antoinette het belowe sy gaan die blog voortsit - op 'n stadiger trant natuurlik - om almal op die hoogte te hou van hoe dit met die redigering gaan. As julle wil weet wanneer die reeks uitgesaai word, hou asem op en hou duime vas en hou hierdie ruimte dop.
Miskien moet ek sê die régte MaritaKook begin nou eers...

No comments:
Post a Comment