Marike sê
En toe gebeur dit met ons heel laaste program. Ek besef opnuut mense is mense, is mense die wêreld oor.
Ons skiet in die stad van Tarbes aan die laaste program met Nadine Visagie en Cilliers Coetzer.
Vir die program moet Marita haar op die stadsplein ontmoet. Marita moet uitgeloop kom van agter ‘n indrukwekkende spuitfontein, Nadine moet uit ‘n parkeerterrein te voorskyn kom. Toe sy verskyn, juig ‘n groep studente haar baldadig toe. Ek skrik my boeglam en vra haar om dit weer te doen. Ek word luidrugtig uitgejou. ‘n Ander spul koek koggelend om Marita en sê ‘bonjoir’ vir hulle ma’s oor die TeeVee.
Net toe ons die spul onder bedaring het, spring daar ‘n ou voor die kamera in, trek sy broek af en gee ons ‘n ‘brown eye’.
Leer jou niks, wys jou net.
‘Home James, and don’t spare the horses!’
Dit was ‘n fantastiese maand, in ‘n wonderlike land, en ‘n ongelooflike lekker filmskiet – nou lê maande se redigeering van die afsonderlike episodes voor. Minstens 10 dae vir elkeen van die 13 programme.
Ek kan nie wag nie!
No comments:
Post a Comment